Is dit Reg Gesny?
| Wat gebruik jy as jou maatstaf? |
|
|
|
| Geskryf deur Theo Helberg |
|
Wat GLO jy? Glo jy in God? Glo jy in Jesus? Wat van die verskeie kerk leëringe, soos die doop byvoorbeeld? Wat van die Wet van Moses? Is dit nog geldig of het dit verval met die dood van Jesus? Jesus het jou vryheid gekoop, maar waarvan is jy nou vry? Wat van al die verskillende teenstrydige leëringe oor die eindtye? Wat is die waarheid? Maak dit hoegenaamd saak wat jy glo? Wat het jy as maatstaf gebruik om tot by jou geloofsoortuiging te kom? Het jy jou huis op die rotse of op die sand gebou? Het die een wat jou geleer het die regte maatstaf gebruik? Is jy hoegenaamd seker dat die regte maatstaf gebruik was om die "sement " van die fondasie te meng? Hoe kan jy weet? Dit het tyd geword om ernstig te besin en om 'n paar keuses te maak. Keuse # 1: Jy kan jou geloofoortuiginge reevalueer en indien jy vind dat jou leermeesters reg was en dat die fondasie reg was, word jou geloof versterk. Keuse # 2: Jy kan jou geloofoortuiginge reevalueer en indien jy vind dat jou leermeesters verkeerd was en dat die fondasie foutief was, kan jy dadelik stappe neem om die foute reg te stel en weereens word jou geloof versterk! Keuse # 3: Indien jy egter bang is dat jou geloofsoortuiginge nie sal bly staan deur die valuering nie en besluit om niks te doen nie, dan verloor jy. Dan beteken dit dat jou geloof nie werklik geloof is nie. Dit beteken dan ook dat jy geen sekerheid het oor jou leermeesters en/of die geldigheid van die fondasie wat jy gebruik het nie. Keuse # 4: Indien jy bang is om die evaluering te doen, maar besluit om dit wel te doen dan het jy nog 'n geleentheid om enige verkeerde geloofsoortuiginge reg te stel. Dit beteken dat jou geloof weereens versterk en eg bewys word. |



