Tuis

Is dit Reg Gesny?

Inteken vorm




Welkom by Die Ou Paaie!
Wat gebruik jy as jou maatstaf? PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Theo Helberg   

Wat GLO jy?

Glo jy in God? Glo jy in Jesus? Wat van die verskeie kerk leëringe, soos die doop byvoorbeeld? Wat van die Wet van Moses? Is dit nog geldig of het dit verval met die dood van Jesus? Jesus het jou vryheid gekoop, maar waarvan is jy nou vry? Wat van al die verskillende teenstrydige leëringe oor die eindtye? Wat is die waarheid? Maak dit hoegenaamd saak wat jy glo? Wat het jy as maatstaf gebruik om tot by jou geloofsoortuiging te kom? Het jy jou huis op die rotse of op die sand gebou?  Het die een wat jou geleer het die regte maatstaf gebruik? Is jy hoegenaamd seker dat die regte maatstaf gebruik was om die "sement " van die fondasie te meng? Hoe kan jy weet?

Lees meer...
 
God se heilige feestye vir 2010 PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Theo Helberg   
Verder het YHVH met Moses gespreek en gesê: "Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die YHVH wat julle moet uitroep as heilige samekomste - dit is MY feestye." Lev 23:1-2  (beklemtoning myne).

 
Die oorblywende Feeste van 2010 is as volg: 

TROMPETTEFEES / FEAST OF TRUMPETS
Begin 8ste in die aand to 9de September 2010 na sononder

VERSOENINGSDAG / DAY OF ATONEMENT
Begin met sononder op die 17de tot sononder op die 18de September 2010 - algehele vasdag

LOOFHUTTEFEES / FEAST OF TABERNACLES / SUKKOT
7 Dae lank • Begin die aand van die 22ste tot en met die aand van die 29ste September 2010

Vir diegene wat nie na Jerusalem kan opgaan vir die fees nie, is daar 'n besondere geleetheid hierdie jaar vir Torah Dissipels van Yeshua om die Loofhuttefees in die Laeveld te vier vir die volle 8 dae met intieme studie, gebed en lofprysing.  Ons het die Lofdal Konverensie Terrein bespreek vir die fees hierdie jaar.  Lofdal is omtrent 65km vanaf Tzaneen.  Daar is rondawels, enkelkwartiere, kampeer- en woonwa staanplekke beskikbaar.  Kostes word tans gefinaliseer!  Hou hierdie spasie dop.

DIE 8ste DAG FEES
Begin die aand van die 29ste September (met die voltrekking van die Loofhuttefees) tot die aand van die 30ste September 2010
 
Banier

Meningspeiling

Die Wet van God is van toepassing op Christene
 

Wie is aanlyn?

Ons het 2 gaste aanlyn
Geldige XHTML en CSS.